Subscribe by Email

Suid-Afrikaners word gevra om padslagting te verminder

acciDie minister van Vervoer, Dipuo Peters, sê spoed, dronkbestuur en versuim om veiligheidsgordels vas te maak is algemene oorsake van padbeserings en –sterftes onder jongmense. Sy het op die eerste nasionale jeugberaad oor padveiligheid in Pretoria gesê dit is daarop gemik om Suid-Afrika se jongmense aan te moedig om betekenisvol en beslissend deel te neem aan padveiligheid en sodoende die slagting op die land se paaie te verminder. Die regering hoop om padsterftes teen 2020 met die helfte te verminder.