Subscribe by Email

Suid-Afrikaners verloor hulle intellektuele reg op biltong

Biltong behoort nie meer aan Suid-Afrikaners nie, berig Landbou.com.

“Soos met rooibos ’n paar jaar gelede, is die naam van een van Suid-Afrika se bekendste tradisionele produkte – biltong – nou die “eiendom” van buitelanders.”

Ene mnr. Joseph Put van Diepenbeek in België het in Februarie 1997 aansoek gedoen om die woord “biltong” te registreer en dit is in Oktober 2000 toegestaan. Ook in Duitsland is “biltong” deur ’n Franken en Louw van Berlyn gekaap. Hulle het in Oktober 2007 aansoek gedoen om die handelsmerk te registreer en dit is in April 2008 toegestaan. Volgens die dokumentasie geniet die handelsmerk beskerming tot Oktober 2017.

Dit beteken dus dat Europese burgers hulle nou die reg toegeëien het om alleen die woord “biltong” vir gedroogde vleis te gebruik. Dit is weer ’n bewys van hoe Suid-Afrikaners en die Suid-Afrikaanse landbou- en voedselsektor hul eeue oue kultuurskatte en intellektuele goedere verlore laat gaan. Die vraag is wie gaan nou die saak met die EU opneem – die vleisbedryf of die Regering?

Lees die volledige berig hier.

One Response to Suid-Afrikaners verloor hulle intellektuele reg op biltong

  1. Kuifie

    Julie 21, 2010 at 9:42 pm

    Moenie warrie nie. Net ons been wat styf hou dis al, knipmes en biltong sal nooit verdwyn nie. Niemand in Belgie weet wat die woord biltong beteken of wat dit is nie. Niemand weet dis ’n Suid Afrikaans vleisproduk nie, of baie min weet dit.
    Die woorde aartappel, wortel, melk, bier, witblits, boerewors, steak, T bone, ens ens is ook nie geregistreer nie. Dis vrye Afrikaanse woorde, so is die woord biltong ook ’n vry woord. Ons kan met die woord Biltong maak wat ons wil, dis ’n Afrikaans woord, ons eiedom, net soos die woord Braai. As SA nou slim is registreer hulle biltong as “SuidAfrikaanseBiltong”….. aaneengeskryf, dit word dan die nuwe handelsnaam….die Belg het dan geen poot om op te staan nie….hy sal moet bewys dat ons produk die selfde is as sy produk…probleem opgelos.
    Die Franse het dit reggekry om hul Sjampanje in die hele wêreld as handelsmerk geregisteer te kry. Dit het baie geld gekos, maar daar staan ook ’n datum op. Net die Franse mag vandag die woord Sjampanje gebruik. In SA mag die woord Sjampanje op geen enkel KWV produk verskyn nie, daar moet vonkelwyn op staan….maar daar is slim wyn-advertensies wat skryf…hierdie vonkelwyn is geen Sjampanje nie, dis net beter!
    Coca Cola is ook so’n sterk handelsnaam. Maar ons sien ook “coke” op die rakke wat nie die selfde ding is nie, en ons drink klippies met kouk.

    Daar is mense of bedrywe wat met handelsname of domeinname op ’n maklike manier geld propbeer maak. Die Belgiese staat byvoorbeeld weier om die domeinnaam “belgium.com” te koop, die Amerikaanse domeinnaamreus eNom die eienaar van belgium.com vra 500.000 dollar. Maar vir die Belgiese portaalwerf “www.belgium.be” het die Belge in die begin van internet maar 3 Euro betaal om dit te registreer.

    Het ons president die intellektuele reg op sy naam?…zuma.com?…dis seker al deur iemand gekoop, hy sal moet betaal as hy dit wil gebruik. Wat van sy vriend http://www.bobmugabe.zim hy het sekers niks betaal nie.