Subscribe by Email

Suid-Afrikaners was vasgevang in die terreuraanval op ‘n lughawe in Istanboel

REFILE - QUALITY REPEAT A riot police officer stands guard at the entrance of the Ataturk airport in Istanbul, Turkey, following a multiple suicide bombing, early June 29, 2016. REUTERS/Murad Sezer

REFILE – QUALITY REPEAT A riot police officer stands guard at the entrance of the Ataturk airport in Istanbul, Turkey, following a multiple suicide bombing, early June 29, 2016. REUTERS/Murad Sezer

‘n Aantal Suid-Afrikaners was volgens berigte op die lughawe Ataturk in die Turkse stad Istanboel tydens gister se terreuraanval waarin minstens 36 mense dood en 150 gewond is. Drie selfmoord-aanvallers het eers op mense geskiet en hulleself toe opgeblaas. Judy Favish, wat twee dae in Istanboel oorgebly het op pad huis toe in Durban, het ‘n ruk lank onder ‘n toonbank geskuil. Paul en Susie Roos van Kaapstad sou tydens die ontploffings ‘n vlug huis toe haal. Dit is nog nie seker of Suid-Afrikaners onder die slagoffers is nie.