Subscribe by Email

Suid-Afrikaners ruk op na die stembus

WEB_PHOTO_VOTING_STATIONStemmery het meestal glad afgeskop by Suid-Afrika se meer as 22-duisend stempunte in die plaaslike regeringsverkiesing. Probleme is wel aangemeld in die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap, Hammanskraal in Pretoria en dele van Johannesburg en Bloemfontein.

Die polisie is op volsterkte ontplooi in die omgewing van Vuwani in Limpopo waar inwoners beloof het om nie vandag te stem nie. Die polisie moes amptenare van die Onafhanklike Verkiesingskommissie vanoggend na Vuwani begelei toe inwoners paaie met klippe en rommel versper het in die gemeenskap wat as een van die verkiesings-brandpunte identifiseer is. Daar is meer as veertig duisend geregistreerde kiesers in die gebied.

In Johannesburg het toue mense reeds van vroegoggend af by stempunte tougestaan om hulle kruisies te trek. Die ANC se kandidaat in wyk 68, Anthony Francis, het met NuusFlits gesels nadat hy gestem het in Pennyville, Soweto, en glo sy party gaan ‘n klinkende oorwinning behaal: