Subscribe by Email

Suid-Afrikaners kan ‘n opvolger vir Thuli Madonsela benoem

corruption-watchDie drukgroep Corruption Watch het Suid-Afrikaners aangemoedig om deel te neem aan die proses om die land se volgende Openbare Beskermer aan te wys in die plek van Thuli Madonsela, wie se termyn van sewe jaar in Oktober verstryk. Benoemings open môre. Woordvoerder David Lewis sê die organisasie sal die proses noukeurig dophou nadat ‘n parlementêre komitee ingestem het om die openbare betrokkenheid uit te brei. Mense kan kandidate benoem en ook vrae aan die komitee voorlê sodra die kandidate bekend is.