Subscribe by Email

Suid-Afrikaanse gholfspeler Branden Grace is nou elfde op die wêreldranglys

bran2Die Suid-Afrikaner Branden Grace het drie plekke geklim tot elfde op die wêreldranglys nadat hy die naweek die RBC Heritage-toernooi in Suid-Carolina, Amerika, gewen het. Dit was sy eerste PGA-toertitel en plaas hom net een plek onder die beste wat hy nog op die ranglys was. Die 27-jarige Grace sê die oorwinning het hom die sekerheid en selfvertroue gegee dat hy kan meeding om die spel se trofeë en dat hy in Junie op die Amerikaanse Ope met sy aanslag gaan begin.