Subscribe by Email

Suid-Afrika wys nie aan die wereld wat hulle aan hul eie mense doen nie!

Foto: M&G. Blikkiesdoerp inwoners beweer hulle is met geweld uit hul woonplekke gesit om plek te maak vir WB2010.

Blikkiesdorp, ‘n sinkplaat en hout huisie nedersetting in Kaapstad, waarheen mense wat uit die openbare oog van die sokkertoeriste moet verdwyn, heen gestuur word deur die regering, sonder ander keuses. Dit word ook deur die inwoners daar eerder beskryf as ‘n konsentrasiekamp.

Baie inwoners van Blikkiesdorp beweer hulle was teen hulle wil, gedwing om daar te gaan bly, omdat hulle in die pad van die multi-miljoen rand se wereldbeker ontwikkelings gewoon het, en dus ‘n verleentheid sou wees as sokkertoeriste hulle sou sien.

Jane Roberts, ‘n inwoner in sinkhuis M29 van Blikkiesdorp, beweer hulle is eenvoudig net daar “gedump” deur die regering. “Hierdie plek word deur die duiwel beheer, ons het geen vryheid hier nie. Die polisie kom hier in die aande en rand die inwoners en kinders aan as hulle na 10 uur buite is. Suid-Afrika wys nie aan die wereld wat hulle aan hul eie mense doen nie, al wat hulle wys is die sokker wereldbeker.”

Inwoners van Blikkiesdorp beweer dat hulle omstandighede daar swakker is as waaraan hulle gewoond was in die tydperk voor die afskaffing van apartheid. In sommige gevalle word families van tot sewe ingedruk in ‘n area van 6 by 3 meter. Dan moet tot 8 families ‘n stukkende toilet deel. Lopende water is beperk tot buitekrane wat deur klomp families gedeel word. Die toilette is so klein, dat jou kniee die toe deur raak as jy daarop sit.

Sandy Rossouw vertel dat sy een van 366 mense was, wat 3 maande gelede uitgesit was uit die Spes Bona Hostel in Athlone, en na Blikkiesdorp geneem is. Nou deel sy ‘n enkelbed met 5 ander familielede. Hulle het aan haar genoem dat ‘n stadion naby die hostel waar hulle gewoon het, gebruik gaan word vir ‘n sokker oefenkamp, en dat hulle dus nie langer daar naby mag woon nie.

Die volledige storie, in diepte, kan aanlyn gelees word by Mail&Guardian. Koerant.com beveel hul lesers aan om hierdie storie te gaan lees!

One Response to Suid-Afrika wys nie aan die wereld wat hulle aan hul eie mense doen nie!

  1. Kuifie

    April 3, 2010 at 9:20 am

    Blikkiesdorp is geen Aprilgrap nie…Sokker is lank al ‘n nuwe godsdiens of ‘n soort wereldorde wat jy gedwing word om te volg. As jy sokker nie aanvaar nie, is daar groot moeilikheid…amen !…Maar brandarm swartes in kampe plaas omdat hulle arm is en nie mooi inpas in die elite se sokkerprentjie nie, noem ek blikkiesapartheid…Ons het hulle net ‘n bietjie geskuif vir die eer en glorie van ons sport, en omdat hulle die uitsig op die bal ‘n bietjie belemmer het…Dink ‘n bietjie…as dit nou ‘n wit regering sou gewees het wart die selfde ding sou gedoen het…wat sou dan gebeur het dink jy?