Subscribe by Email

Suid-Afrika se kampioenswemmers skitter in Durban

Cameron-van-der-BurghCameron van der Burgh het sy Olimpiese kwalifiseringstyd bevestig in die 100 meter borsslag op die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Durban. Hy het die afstand in 59,66 sekondes voltooi. Chad le Clos het sy halfeindronde van die 200 vryslag gewen in ‘n Olimpiese kwalifiseringstyd van een minuut 47,88 sekondes. Myles Brown het ook gekwalifiseer toe hy die 400 vryslag afgelê het in drie minute 48,86 sekondes.