Subscribe by Email

Suid-Afrika se aansien het erge skade opgedoen

bonSuid-Afrika het minstens drie keer internasionale wetgewing oortree met sy hantering van president Omar al-Bashir van Soedan.

Dit volgens professor Bonita Meyersfeld van die Sentrum vir Toegepaste Regstudies aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Sy sê die oortredings was om hom in Suid-Afrika toe te laat en hom nie in hegtenis te neem nie, dat hy verwelkom is by die beraad van die Afrika-unie in Sandton, en dat hy toegelaat is om die land te verlaat ondanks ’n hofbevel om dit te keer.

Meyersfeld het aan Beeld gesê sy twyfel of iemand vervolg kan word omdat al-Bashir toegelaat is om die land te verlaat, maar Suid-Afrika se aansien het erge skade opgedoen