Subscribe by Email

Suid-Afrika is ‘n “failed-state” volgens Christen Demokrate

Die Christen Demokratiese Alliansieparty is omgekrap oor die feit dat moorde wat plaasgevind het in Suid-Afrika vandat Eugene Terre’Blanche vermoor was, nie dieselfde aandag as Terre’Blanche se moord ontvang nie. Volgens hul eie statistieke wat hulself byhou, word daar ongeveer 50 mense daagliks vermoor in Suid-Afrika en dit beteken dat daar nou alreeds ten minste 700 mense vermoor is sedert Terre’Blanche se moord.

Hulle verwys ook na onlangse moorde wat aandag gekry het in die media, maar sonder dieselfde aandag as wat die Terre’Blanche moord gekry het. Gevalle soos die man wat doodgeslaan was en sy vrou verkrag was en hul kleinkind aangerand was, asook die dood van ’n jong Kaapstadse man nadat daar by sy woonplek ingebreek was en nou die jongste voorval, waar ’n huis met ma en kinders aan die brand gesteek was en daar geskiet is op mense wat hulle te hulp wou snel.

Die party sê dat dit hulle tot die gevolgtrekking bring dat Suid-Afrika ’n “failed-state” geword het, volgens Eerwaarde Theunis Botha, die leier van die Christen Demokrate.