Subscribe by Email

Suid-Afrika herdenk die vroue-optog na die Uniegebou sestig jaar gelede

march_1955_leaders_js.slideshowDie Menseregtekommissie het op Vrouedag gesê hy salueer geslagte van vroue in Suid-Afrika en wêreldwyd wat hulle lewe en pogings daaraan gewy het om te streef na gelykheid vir alle vroue. Die kommissie erken ook die regering se verbintenis om vroueregte te beskerm en bevorder ingevolge die Grondwet en ander wetgewing.

Die vroue van die regsbelangegroep Section 27 skryf in ‘n brief dat Suid-Afrikaners op Vrouedag behoort hulde te bring aan die vroue wat vandag sestig jaar gelede na die Uniegebou in Pretoria marsjeer het om beswaar te maak teen die Paswette. ‘n Geraamde tien tot twintig duisend vroue het op 9 Augustus 1956 deelgeneem aan die optog om ‘n versoekskrif aan die destydse Eerste Minister, JG Strijdom, te oorhandig. Section 27 sê dié vroue het die boodskap aan die wêreld oorgedra dat om ‘n vrou te slaan, is soos om ‘n rots te slaan.

Vandag se nasionale Vrouedagviering vind by die Uniegebou plaas.