Subscribe by Email

Suid-Afrika en Indië gaan handelsbande uitbrei

India exports importsPresident Jacob Zuma sê Suid-Afrika wil handelsbande met Indië uitbrei deur nuwe markidees te identifiseer, insluitend op die gebied van verdediging, mynbou en hernubare energie. Hy en Indië se besoekende premier, Narendra Modi, het gister ontmoet. Zuma sê Suid-Afrika en Indië is onder die wêreld se voorste ontwikkelende lande en uitgebreide ekonomiese bande sal voordelig wees. Handel tussen die twee lande het verlede jaar 95 miljard Rand beloop.