Subscribe by Email

Studente vra dat die visekanselier uit sy pos verwyder word

dr-albert-van-jaarsveld-installed-as-ukzns-vice-chancellor-and-principal__Lede van die verteenwoordigende studenteraad by verskeie kampusse van die Universiteit van KwaZulu-Natal vra dat die huidige visekanselier, Albert van Jaarsveld, bedank. Die studente betoog teen verhogings in universiteitsgeld en 23 is reeds in hegtenis geneem op aanklagte van moedswillige saakbeskadiging en die oortreding van ‘n hofbevel. Hulle is op borgtog vrygelaat. Samkele Khanyile van die studenteraad sê een manier om sommige van die probleme by die instelling op te los is deur Van Jaarsveld af te dank.