Subscribe by Email

Streng maatreëls om te verhoed dat eksamenvraestelle kan uitlek

864207_733995Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê streng maatreëls is ingestel om te verhoed dat eksamenvraestelle weer kan uitlek. Die matriek-eindeksamen begin laat volgende maand. Motshekga sê alle bergingsplekke in die land word geoudit om te verseker dat dit voldoen aan die minimum-sekerheidstandaarde. Lewenswetenskappe-vraestelle het verlede jaar in Limpopo uitgelek en is aan leerlinge in Gauteng en Mpumalanga aangestuur.