Subscribe by Email

Stormers vier ‘n bonuspunt-oorwinning oor die Sunwolves

1440-528-stormers-actionDie Stormers het gisteraand op Nuweland sonder enige haakplek met die Sunwolwes afgereken. Die Kaapse span het in die Superwedstryd ’n 46-19-oorwinning behaal en boonop ‘n bonuspunt verdien. Teen rustyd was die telling 27-5 in die tuisspan se guns. In vandag se wedstryde speel die Hurricanes teen die Jaguares, die Reds en die Highlanders takel mekaar in Brisbane, gevolg deur vanmiddag se kragmeting tussen die Sharks en die Lions in Durban. Vanaand in Port Elizabeth draf die Kings en Bulls op die veld om sake uit te spook.