Subscribe by Email

Stop Tshwane

Dinsdagaand 05 April het die gemeenskap van die Nokeng munisipale gebied in Cullinan bymekaargekom om die samesmelting met Tshwane en die astronomiese verhoging in tariewe en belastings te bespreek. Daar is onomwonde besluit dat die samesmelting sowel as die onbillike en onwetlike verhogings in tariewe en belastings teegestaan gaan word.

Die gemeenskap is siek en sat om die melkkoeie van ondoeltreffende en swak beheerde Munisipaliteite te wees.

Saterdag 09 April 2011 is daar ‘ n sogenaamde publieke konsultasievergadering in Refilwe buite Cullinan. Hierdie is die enigste vergadering waarby die hele Nokeng Munisipale gebied van 2400 vierkante km met sy ongeveer sestigduisend (60000) inwoners ingelig gaan word oor die begroting en werking van die munisipaliteit in 2011/12 begrotingsjaar. Die gemeenskap het tyd tot 12 April 2011 om kommentaar te lewer op die begroting en tot 30 April 2011 op die Belastingbeleid.

Beraamde styging op Grondbelasting op Residensiele eiendom 107%

Kommersieel/industrieel/besigheid 128%

Landbou 33%

Landbougrond volgens nuwe defenisie 426%

Dienste soos elektrisiteit/water ens. op met 30 tot 60%

Volgens die munispale finansiele beleid moet belasting/dienste bekostigbaar wees en mag verhogings nie meer wees as die verbruikers prys indeks nie. Tans ongeveer 6%

Henri Combrink  (Cullinan Boere-Unie TLU SA)

One Response to Stop Tshwane

  1. J. coetzer

    April 26, 2011 at 10:56 am

    Ek stem saam. Die vraag is net hoe. Brandende buitebande op die Molotopad gaan nie werk nie. Miskien ‘n dringende hofaansoek.