Subscribe by Email

Steve Hofmeyr wil nuwe lied skryf: Skiet die k***s, hulle is verkragters.

Steve Hofmeyr

Foto: Beeld

Steve Hofmeyr het die skryf van sy nuwe lied, Skiet die k****s want hulle is verkragters, eers op ys gesit. Hy se op sy blog: “Kom ons volg Malema en die hof se reaksie op sy haatspraak dagvaardiging van SHOOT THE BOERS THEY ARE RAPISTS. Tot dan staak ek komposisie aan my nuwe lied SKIET DIE K*****S HULLE IS VERKRAGTERS.”

Volgens die sanger, is daar heelwat vrae hieroor aan hom gerig. Vrae soos die volgende kom op sy blog voor:

Sou jy nie meer kon bereik met ‘n besoek aan die president nie?

Dit sou my derde besoek wees. Nee. Ons versoeke maak geen indruk nie. Ek het nie eers ‘n doggie-bag verwag nie.

Jy is ook maar ‘n regse rassis.

Dan sou ek nie so vas geglo het in die potensiaal van enige sterfling nie. Ek is ‘n teleurgestelde linkse. Maar regs/links  is lankal irrelevant. Linkses wat ander se opinies onderdruk is ook passe.

Intussen berig die dagblaaie dat Steve Hofmeyr ook eersdaags as Idol Beoordeelaar sal optree. Hy het blykbaar ’n broertjie dood aan ouers wat dink hul kinders kan sing en dan klink die kind soos ’n kat wat aan sy stert rondgeswaai word. Hy beloof egter om niemand te beledig wanneer hy op 17 April by die Durbanse Gateway Sentrum agter die beoordeelaars tafel gaan inskuif nie.

Hofmeyr, wat ook al as gasbeoordelaar in Supersterre opgetree het, sê hy is baie opgewonde om weer die geleentheid te kry om aan jong talent te slyp.

One Response to Steve Hofmeyr wil nuwe lied skryf: Skiet die k***s, hulle is verkragters.

  1. Rassie

    Mei 15, 2011 at 7:07 pm

    Wat vir een geld geld vir die ander een. Steve Jou Doring