Subscribe by Email

Steun pro-lewe-aksies – CDP

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om van Woensdag af betrokke te wees wanneer 15 jaar van aborsies op aanvraag in Suid-Afrika herdenk word.

“Konserwatief bereken is meer as ‘n miljoen babas geaborteer sedert dit in Suid-Afrika gewettig is, al is meeste Christlike kerke teen dié praktyk gekant en terwyl peilings ook toon die meeste Suid-Afrikaners daarteen gekant is,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

“Die een persoon sal gemakliker wees om te bid oor die saak, ‘n ander sal aan ‘n lewensketting gaan deelneem. Onlangs nog het baie mense deelgeneem aan ‘n veldtog om iets swart te dra oor wetgewing wat ‘n bedreiging vir persvryheid inhou. Miskien moet ons iets soortgelyks doen deur ‘n swart armband te dra.

“Suid-Afrikaners moet egter besef dat dit uiteindelik is waar hulle hul kruisies gaan trek wat die verskil gaan maak, soos wat nou in Spanje gebeur het en heel moontlik met die Amerikaanse presidentsverkiesing gaan gebeur. Om alle Christelike verantwoordelikhede maar net aan kerke te ‘delegeer’ is nie die regte manier nie.”