Subscribe by Email

Sterk winde veroorsaak groot skade op Upington

crane collapse

’n Hewige storm wat Maandag omstreeks 14:00 in Upington begin woed het, het geweldige skade by die Abengoa-sonkragplaas aangerig.

Sterk winde het’n massiewe hyskraan van die 205m hoë toring losgeskeur.  Die toring, wat gebou word, het op die kantoorgeboue te pletter geval.

Luidens mediaverklarings is twee werkers  dood en sewe beseer.