Subscribe by Email

Sterk Amerikaanse aardbewing was mensgemaak – ondersoek

‘n Sterk aardbewing van magnitude 5,6 wat Oklahoma in 2011 geskud het, en in 14 deelstate gevoel is, is heel waarskynlik veroorsaak toe afvalwater diep ondergronds ingeforseer is.

Die boorwerk was tradisionle boorwerk en nie die omstrede hidroliese breking nie.

Seismoloë van Oklahoma verskil egter van die federale navorsers wie se verslag pas in die vaktydskrif Geology gepubliseer is. Hulle hou vol die aardbewing, die sterkste bekend in Oklahoma se geskiedenis en die sterkste in dekades in die sentrale VSA, ‘n natuurlike aardbewing is.

Die bekendstelling van die verslag val saam met twee ligte aardbewings wat in die deelstaat voorgekom het.

Die federale navorsers beroep hulle daarop dat die aardbewing presies daar ontstaan het waar die afvalwater ondergronds ingepomp is. Die plaaslike seismloë wys egter daarop dat daar sedert 195 in die area vir olie geboor word, en dat afvalwater reeds van 1993 af in afvalputte gepomp word wat spesiaal vir hierdie doel gesink word.

Vroeër vanjaar was skaliegas-ontgi nning oork weens ‘n vermeende verband met aardbewings in die kollig.

Van intensief met skaliegas-ontginning in die VSA begin is, was daar jaarliks ‘n toename in seismiese aktiwiteite in die gebied tussen Ohio en Colorado. Voorheen het die gebied jaarliks gemiddeld 21 aardbewings en trillings beleef, maar is 2009 het dit reeds tot 50 toegeneem, in 2010 tot 82 en 134 in 2011.

In ‘n verslag het die United States Geological Survey (USGS) tot die gevolgtrekking gekom dat die toename “heel waarskynlik” die gevolg van menslike aktiwiteite is, en bes moontlik die gevolg kan wees van die wegpomp van vuil water uit gas- en olieputte.

Daar kon egter geen konkrete bewyse voor gevind word nie, maar die owerheid neem die verslag ernstig op. In New York-staat is gasherwinning voorlopig opgeskort, en ‘n wetsontwerp dien voor die Kaliforniese kongres om skaliegasontginning heeltemal te verbied.

Intussen neem die jaarlikse ontginning van skaliegas in die VSA steeds toe,

Volgens opnames is die grootste skaliegasreserwes in die VSA, China, Meksiko en Argentinië aanwesig. Meksiko, wat gereeld onder aardbewings deurloop, se produksie sal na verwagting binnekort sowat $10 miljard per jaar beloop.

Hoewel die meeste van die afgelope week se sowat 20 aardbewings in die VSA in die ooste van die land voorgekom het, en in besonder twee lyne waarvan die een lyn met die San Andreas-fout en die ander met die Sierra Nevada-berge loop, kom daar gereeld elders in die VSA aardbewings voor wat meestal lig is. Die mees oostelike aardbewing die afgelope week was in die deelstaat Ohio.

Die USGS het selfs ‘n handleiding vir die publiek in die sentrale en oostelike VSA opgestel oor wat om in die geval van ‘n aardbewing te doen.

Herman Toerien