Subscribe by Email

Sterk aardbewing skud woudstad

Min Suid-Afrikaners het waarskynlik al van Pucallpa, die Peruviaanse oerwoudstad gehoor.

Dié snelgroeiende stad met ‘n bevolking van meer as 200 000 is pas deur aardbewings geskud, met die hoofskudding wat M 7 geregistreer het. Die episentrum was 82 kilometer van die stad af, en 145 kilometer diep. Daar was dus geen, of min skade.

Die skudding is ook in die hoofstad Lima, 567 kilometer daarvandaan en aan die anderkant van die Andes, gevoel.

Na ‘n betreklike stil tyd waarin geen aardbewing van M 6 of meer vir meer as ‘n week iewers op die aardbol geregistreer is nie, het ‘n hele paar bielies weer voorgekom. Twee van M7 of meer het die Vanatau-eiland oos van Australië geskud. Al die sterkste aardbewings het gelukkig in gebiede voorgekom waar dit nie veel skade kon aanrig nie.

Verskeie redelike sterk aardbewings het buite die Ring van Vuur voorgekom. ‘n aardbewing van M 5.3 het Colorado geskud en vensters en teëls oor ‘n groot gebied laat breek of losruk. Kort hierna is die Pentagon ontruim toe ‘n aardbewing wat later tot M 5.8 afgegradeer is die deelstaat Virginia getref het.

‘n Betreklike sterk aardbewing het ook aan die noordkus van Noorweë voorgekom.

Verreweg die meeste aardbewings kom egter steeds om die Ring van Vuur voor.

Herman Toerien