Subscribe by Email

Sterftesyfer in Iran se aardbewings staan nou op meer as 300

Die sterftesyfer as gevolg van die twee aardbewings wat Iran Saterdag getref het, het tot 306 gestyg na van die beseerdes in hospitale beswyk het.

Die meeste slagoffers is vroue en kinders.

Die eerste skudding in die Noordweste van die land het 6,4 op die Momentmagnitudeskaal geregistreer, gevolg deur nog een van M6.3. Verskeie sterk naskokke het sedertdien gevolg.

Die aardbewings is op dieselfde aardkorsfout as dié, gelukkig heelwat ligter, aardbewings wat nou rondom die Ioniese See by Griekeland voorkom, en ‘n M6.3 aardbewing wat weste van China voorgekom het.

Die aarde was tot dusver vanjaar besonder vry van groot aardbewings, met die laaste skudding van meer as M7 die twee skuddings van meer as M8 op 11 April naby Sumatra. Sedertdien was daar selfs min aardbewings van M6

In 2003 het 26 000 mense omgekom in ‘n skudding wat die stad Bam in die suidooste van Iran verwoes het.

Herman Toerien