Subscribe by Email

Statistiek Suid-Afrika ontken ‘n agenda ten opsigte van die plaaslike regeringsverkiesing

SUMMIT+Pali+Lehohla+Statistikus-generaal Pali Lehohla het bewerings verwerp dat die jongste data oor munisipaliteite se swak geldsake vanjaar vroeg gepubliseer is om die plaaslike regeringsverkiesing te beïnvloed. Hy sê dit word gewoonlik in Augustus gedoen, maar die data is vanjaar vroeër ontvang. StatsSA se opname het getoon dat die lewering van basiese dienste sedert 2014 verbeter het. Lehohla sê die organisasie het nie ‘n agenda ten opsigte van die verkiesing nie.