Subscribe by Email

Stakende werkers by die Parlement kan afgedank word weens wangedrag

parliamentstrikeDie Parlement het stakende werkers wat by die nasionale vakbond vir onderwys, gesondheid en verwante beroepe geaffilieer is gewaarsku dat hulle weens wangedrag afgedank kan word. Die werkers het gister begin staak oor aftrekkings by hulle salarisse vir geen-werk-geen-betaling, die skorsing van takvoorsitter Sthembiso Tembe, en dissiplinêre prosesse teen ses werknemers. Die Parlement het in ‘n verklaring gesê ‘n staking oor hierdie kwessies, sonder om interne roetes te volg en ten spyte van beskikbare maniere om oplossings te vind, is onaanvaarbaar.