Subscribe by Email

Stakende Busbestuurders

MyCitijpg

‘n MyCiti-bus is by Dunoon buite Kaapstad met klippe bestook, na bewering deur stakende busbestuurders.  Die bestuurders het gister sonder waarskuwing begin staak.

Dit het roetes in Table View en Dunoon geraak.

‘n Burgemeesterskomiteelid vir Vervoer,  Brett Heron sê ‘n groep stakende busbestuurders versper ‘n busbaan in die Dunoongebied. Busdienste tussen Wood en Usasaza is opgeskort. Heron sê die polisie is op die toneel ontplooi.