Subscribe by Email

Staat mag nie appelleer teen Oscar Pistorius se straf nie

141114152644-oscar-pistorius-court-story-topRegter Thokozile Masipa het die Staat se aansoek om verlof tot appèl teen Oscar Pistorius se vonnis van ses jaar van die hand gewys. Die Appèlhof het die Paralimpiese kampioen verlede jaar skuldig bevind aan moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, en Masipa moes hom ‘n nuwe vonnis oplê nadat sy hom aanvanklik skuldig bevind het aan strafbare manslag. Die regter het in haar uitspraak gesê sy glo nie die Staat het ‘n redelike kans om met sy appèl te slaag nie:

Staatsaanklaer Gerrie Nel het vanoggend betoog dat Masipa met vonnisoplegging Pistorius se persoonlike omstandighede oorbeklemtoon en nie voldoende aandag gegee het aan die erns van die misdaad nie. Hy meen die vonnis van ses jaar is skokkend lig:

Pistorius se advokaat, Barry Roux, het egter betoog dat sy kliënt nie vir ewig gestraf kan word omdat die Staat nie glo hy het verduidelik waarom hy vier skote op Steenkamp gevuur het nie. Roux sê die Staat is nie regverdig teenoor sy kliënt nie: