Subscribe by Email

Springbokke vs All Blacks

All Black Richie McCaw

All Black Richie McCaw

Dit is nog die een ontbrekende veertjie in Heyneke Meyer se hoed – ‘n sege oor Nieu-Seeland. Hoewel die Bokke sover goed vaar onder Meyer se afrigting wil hulle die vloek van vyf agtereenvolgende nederlae teen die groot vyand breek.

Op papier het die Kiwi’s die meer vanselfsprekende sterre, van Israel Dagg tot Aaron Smith. Op vleuel is daar Ben Smith en Julian Savea, wat deur Steven Hansen as waarskynlik beter as Jonah Lomu beskryf word. En almal wat gesien het hoe Savea teen die Poemas drie verdedigers op pad doellyn toe afskud, sal weet dat daar `n groot taak op veral Cornal Hendricks wag.

Voorlangs het hulle Kieran Read en Richie McCaw sonder dat `n mens nog name hoef by te voeg. McCaw se vyfpunter teen die Bokke in Wellington was van kardinale belang en het sy span die wa deur die drif help trek.

Die Bokke sukkel maar steeds in die skrums en die manier waarop die All Blacks die Wallabies verrinneweer en die Poemas geneutraliseer het moet as `n waarskuwing dien.

Meyer glo dat akkurate taktiese skopwerk Saterdag die verskil tussen wen of verloor kan wees.

“Die All Blacks se taktieke skopwerk is die beste in die wêreld en as jy hulle wil wen moet jy seker maak jy kan daarmee saamleef”. Het hy gesé.

Die spanne is: 

Suid-Afrika: 15 Willie le Roux, 14 Cornal Hendricks, 13 Jan Serfontein, 12 Jean de Villiers (kaptein), 11 Bryan Habana, 10 Handré Pollard, 9 Francois Hougaard, 8 Duane Vermeulen/Schalk Burger, 7 Teboho Mohoje, 6 Marcell Coetzee, 5 Victor Matfield, 4 Eben Etzebeth, 3 Jannie du Plessis, 2 Bismarck du Plessis, 1 Tendai Mtawarira.
Bank: 16 Adriaan Strauss, 17 Trevor Nyakane, 18 Marcel van der Merwe, 19 Bakkies Botha, 20 Schalk Burger/Warren Whiteley, 21 Cobus Reinach, 22 Pat Lambie, 23 JP Pietersen.

Nieu-Seeland: 15 Israel Dagg, 14 Ben Smith, 13 Conrad Smith, 12 Malakai Fekitoa, 11 Julian Savea, 10 Beauden Barrett, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read, 7 Richie McCaw (kaptein), 6 Jerome Kaino, 5 Sam Whitelock, 4 Jeremy Thrush, 3 Owen Franks, 2 Keven Mealamu, 1 Joe Moody.
Bank: 16 Dane Coles, 17 Ben Franks, 18 Charlie Faumuina, 19 Steven Luatua, 20 Liam Messam, 21 Tawera Kerr-Barlow, 22 Colin Slade, 23 Ryan Crotty.

Saterdag om 17:00 op Ellispark.

Verwagte weer: Meestal sonnig – 19 ºC tot 10 ºC.

Skeidsregter: Wayne Barnes (Engeland)