Subscribe by Email

Sprei die vlerke – van u skedonk

Nou miskien nie die skedonk nie, maar die Terrafugia Transition, ’n vlieënde motortjie. Dié ryding het in die VSA reeds toesteming gehad om die lugruim aan te durf, maar het nou ook die groen lig gekry om via moeder aarde by die bestemming uit te kom – veiligheidsgordels en lugsakke kompleet.
Raak die verkeersknope te erg, word ’n knoppie gedruk, die vlerke sprei uit, en vyftien minute geduld later is u ryding in die wolke. Terrefugia is afgelei van die Latyn wat “land” en “ontsnap” beteken.
Daar steek glo geen waarheid in die gerug dat Suid-Afrika sy eie weergawe ontwerp het nie – die Slaggat-hopper.
Herman Toerien
Foto’s: Toet-toet, ek wil verbykom
Oeps, slaggat voor
Net gou land vir petrol