Subscribe by Email

Spog spanspekke groei in boervrou se bra

Rowie Meers met haar spanspekke "gecup" in 'n "cross your heart"

‘n Boervrou van Swindon in Engeland wat met vrugte boer, Rowie Meers, het ‘n nuwe manier bedink om spog-spanspekke te kweek. Sy het haar klante gevra om hul ou onderklere vir haar te gee om as ‘n tipe ondersteuning vir die hangende vrugte te gebruik. Sy het agtergekom dat die spanspekke te laag hang en nie mooi rond word as hulle nie volle ondersteuning het nie. Sy het nou veertig bra’s wat uit haar onderneming se dak hang om die spanspekkeke meer…. lyf te gee!

“Die kleiner tipe bra veroorsaak dat die spanspekke vinnig uitval, so ons benodig die DD grootte, wat hulle mooi sal vang” het Meers aan BBC gesê.

Meers beplan om vanaf volgende jaar ook waartlemoene te begin kweek, maar voeg by dat hulle dan sekerlik die FF grootte daarvoor sal benodig.

One Response to Spog spanspekke groei in boervrou se bra

  1. Karin

    September 11, 2010 at 9:24 am

    Wow! Dis nou ‘n slim boervrou. Ek wou al komkommers laat rank. Ek wonder hoe hulle ‘n mens sou kon ondersteun

    🙂