Subscribe by Email

Sopas in: SAUK Raadslede bedank uit SAUK-raad voor parlement

Parlement vandag - Foto twitter

Wat oorbly van SAUK-raad – Foto twitter

SAUK-Raadslede Krish Naidoo en Vusi Mavuso het aangekondig voor die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie dat hulle dadelik bedank uit die direksie, en noem die SAUK Raad as onfit om as ‘n Raad op te tree.

Krish Naidoo en Vusi Mavuso het hul bedankings tydens die vergadering aangekondig. Die twee het hulle gedistansieer van die SAUK se verslag oor die aanstelling van Motsoeneng in sy jongste pos. Hulle sê hulle was nie betrokke by die opstel van die verslag nie. Naidoo het aan parlementslede gesê die SAUK-raad het misluk en is disfunksioneel, veral na die beslissing van die Appèlhof oor Motsoeneng se aanstelling as bedryfshoof.

“Ek is nie tevrede met hierdie aanbieding nie. As ons eerlik is, was dit amateuragtig,” het Naidoo aan die geskokte kamer gesê.