Subscribe by Email

Sonkrag vleigtuig, Solar Impulse 2, beoog om in 2015 om die wereld te reis.

Solar Impulse 2 is die sonkrag-vliegtuig van Bertrand Piccard en André Borschberg. Die enkel-sitplek vliegtuig, wat oortrek is met sonpanele, se reis sal in Maart 2015 vanaf Abu Dhabi begin. Die presiese roete is nog nie bekend gemaak nie maar sal waarskynlik tot einde June duur.

Die vlerkspan is heelwat wyer as die van ‘n Boeing 747 om die meer as 17 000 sonpanele te akkommodeer.  Om energie te bespaar is die vliegtuig so lig as moontlik gebou en weeg nie veel meer as ‘n gesinsmotor.

Die ruimte word goed benut.  Die sitplekke van die twee passasiers is veeldoelig en dien as slaapplek, toilet en wanneer dit heeltemal terugslaan kan mens lê en oefeninge doen.

Isolasiepanele sorg dat Piccard en Broschberg teen die koue beskerm word. Daar is ook valskerms en ‘n reddingsbootjie in die sitplek ingebou.

Die Solar Impulse 2 kan op ‘n maksimum hoogte van 8 500 m vlieg en het 70 perdekrag.

Solar-Impulse-2-First-Flight-2014-Switzerland-Rezo-1000-4(1)5d8196aa4c72be596f0c