Subscribe by Email

Solidariteit wag op hofbevel teen minister

Disolidariteit

Die Wes-Kaapse Arbeidshof het uitspraak voorbehou in ‘n aansoek van minagting van die hof deur die vakbond Solidariteit teen die minister van korrektiewe dienste, adv. Michael Masutha, en die waarnemende nasionale kommissaris van die department van korrektiewe dienste (DKD) Zach Modise.,

Die aansoek volg op die beslissing deur die hof verlede jaar dat die departement sy nasionale en provinsiale demografie met die toepassing van gelyke indiensneming moet regstel. Solidariteit het die saak verlede jaar gewen.

Die vakbond voer egter aan dat die departement nie die hofbevel nagekom het nie en het ‘n aansoek van minagting van die hof ingedien.

Die saak is op ‘n ex-parte-basis ingedien, wat between dat Solidariteit se aansoek om ‘n minagtingsbevel aanvanklik nie deur die miniter en nasionale kommissaris teengestaan hoef te word nie.

Indien die hof Solidariteit se aansoek toestaan, sal die hofbevel op Masutha en Modise beteken word waarna hulle op ‘n latere datum die gellentheid gebied sal word om die gronde van die bevel in die hof teen te staan.

Die DKD het egter ‘n regsverteenwoordiger in die hof teenwoordig gehad en het aangedui die aansoek word teengestaan.