Subscribe by Email

Solidariteit verwelkom die beslissing oor die Tshwane-metro se kwotastelsel

dirkSolidariteit sê die bevinding van die arbeidshof in Johannesburg, naamlik dat die kwotastelsel sonder doelwitte by die Tshwane-metro in Pretoria onwettig was, is ‘n oorwinning vir Suid-Afrika. Die bevinding volg nadat Solidariteit ‘n hofsaak teen die Tshwane-metro aanhangig gemaak het omdat ‘n wit werknemer tydens bevordering oor die hoof gesien is. Die vakbond se woordvoerder, Dirk Hermann, sê die munisipaliteit se aanstellingsbeleid was uitsluitlik gebaseer op ras en geslag…