Subscribe by Email

Solidariteit sê die oorlog teen die SAUK is nog nie gewen nie

109003856Solidariteit sê die oorlog teen die SAUK is nog nie gewen nie. Die vakbond het reageer op die openbare uitsaaier se onverwagte ommekeer gister om sewe afgedankte joernaliste weer in diens te neem en verdere regstappe teen hulle te laat vaar. Dit het gevolg nadat die korporasie gisteroggend nog aangekondig het dat hy wil appelleer teen die beslissing van die Johannesburgse Arbeidshof dat die afdanking van vier van die joernaliste onwettig was. Die joernaliste is afgedank omdat hulle die korporasie se beleid bevraagteken het om nie beeldmateriaal van gewelddadige betogings uit te saai nie.

Dirk Hermann van Solidariteit, wat die vier verteenwoordig, het ‘n beroep gedoen op burgerlike organisasies om druk op die SAUK en die Parlement te verhoog om ‘n leierskaps-verandering by die uitsaaier teweeg te bring.

Die SA Nasionale Redakteursforum het die terugkeer van die joernaliste verwelkom en dit beskryf as ‘n oorwinning vir mediavryheid. Woordvoerder Sam Mkhokheli sê die organisasie hoop die joernaliste sal nie geteister of geïntimideer word wanneer hulle hulle werk hervat nie. Hy meen die SAUK het uiteindelik tot sy sinne gekom.