Subscribe by Email

Soektog by Tugela-riviermond

nsriSoek- en reddingspanne sal vanoggend hulle soektog in die see by die Tugela-riviermond in KwaZulu-Natal hervat nadat ‘n vrou vermoedelik van ‘n seiljag afgeval het.

Die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê die vrou en haar man het Donderdag uit Durban na Madagaskar vertrek en sy het vermoedelik oorboord geval terwyl hy geslaap het.

Seereddingsvaartuie, swemmers en helikopters is ontplooi om in die soektog te help.

Die 58-jarige vrou is oorspronklik van Johannesburg en haar man van Brittanje.