Subscribe by Email

Soek na Fourie familie

Goeie dag

Ons reel ‘n Fourie re-unie vir September en wil graag soveel moontlik Fouries opspoor. Die Fourie is familie van ouma Tol van Sonop wat 103 geword het en oorlede is in 1981.

Ek het ‘n klein niggie Gina wat by haar ouma Tina gewoon het nadat haar ma Drika verongeluk het in ‘n sportmotor in die vroee 70ger jare (1973+1974).
Tina se van was Fourie maar is weer getroud. Drika het met ‘n italiaander uitgegaan en is Gina se pa.

Kan jul dalk help met ‘n berig of dalk in die argiewe kyk vir ou koerant berigte ?

Baie dankie
Elsabe