Subscribe by Email

Soedannese skikking na die maan

Groot kommer heers oor die toekoms van die Soedannese skikking nadat militêre magte uit die Arabiese noorde Sondag die stad Abyei en omstreke ingeneem het. Tot 20 000 mense het volgens die VN dieper in die suidelike deel ingevlug, wat bestem is om in Julie onafhanklik te word.

Die onafhanklikheid van die Christen-suide van die Moslem-noorde is bestem om burgeroorloë wat oor dekades duur, ten einde te bring, en volg op ‘n skikking en referendum.

Beide partye maak egter op Abyei aanspraak, en die feit dat dit ‘n olieryke gebied is, het stellig heelwat hiermee te make. Die meeste oliebronne is bestem om na die afskeiding in die suidelike gebied te val. Abyei geniet sedert die 2004-skikking spesiale status, maar is histories ook spesiaal hanteer om botsende aansprake tussen ‘n rits aanspraakmakers te hanteer.

Die algemene verwagting is dat die inwoners van Abyei ten gunste van insluiting by die suide sou stem in ‘n referendum waar reeds moes plaasvind.

Die regering in die suide het die oorname as ‘n daar van oorlogsverklaring beskryf, en die VN het inderhaas ‘n bemiddelaar na Khartoem gestuur.

Herman Toerien