Subscribe by Email

So byna Cheetahs!

Die Cheetahs is na afloop van hul Australasiese toer steeds die houtlepeldraers, maar die span kom kop omhoog terug na die span met ‘n skrale drie punte teen die Highlanders die onderspit gedelf het.
Die span het die keer darem ses punte Doer Onder gaan insamel, en dit is in ‘n sekere sin ‘n bonus. Terug op eie bodem sal sake nou anders daaruit sien – ook op die vlak van die veld af na die unie se president, Harold Verster, aangedui het dat hy die tuig as president neerlê.
As is verbrande houtlepels, en as die skopvoet vandag teen die Highlanders aan die ander voet was…
Die Cheetahs het soos gebruiklik ‘n paselladrie afgestaan toe die Highlanders met ‘n bal wat deur die Cheetahs weggesool is, aangeval en uiteindelik ‘;n gekroonde drie aangeteken het.
Al het die Cheetahs net soos hul teenstanders drie drieë aangeteken, het die drie verbroude strafskoppe die besoekers gekneus. Die Highlanders het ‘n kans minder gehad om pale toe te korrel, maar een het darem die kol getref – wat die verskil op die telbord beteken.
Die Cheetahs moet ook nou weet dat hulle nie weer ligtelik deur teenstanders opgeneem gaan word nie. Spanne wat ligapunte wil kom afvat, sal daarvoor moet werk.
Ongelukkig is daar nie nou ‘n ooglopende kandidaat vir presidentskap van die unie nie. ‘n Inspirerende president wat ook ‘n vars briesie deur die administrasie en afrigting kan laat spoel, sal veel doen om die unie en sy spanne weer op alle suiers te laat vuur – en die toeskouers terug veld toe te lok.