Subscribe by Email

Slegs 53000 Fifa kaartjies kon gister verkoop word landswyd

Onvoldoende rekenaartoerusting en slegte beplanning om die hordes mense wat gister sokkerkaartjies wou koop te hanteer, het veroorsaak dat Fifa gister net 53 000 van 500 000 beskikbare “oor die toonbank” kaartjies kon verkoop by 600 FNB takke en 11 ander verkoopspunte landswyd.

Sommige mense het tot 21 ure lank in ongeorganiseerde lyne gestaan en wag en moes leë hande omdraai. Tussen 9 uur gisteroggend en 2 uur gistermiddag, kon slegs 45 kaartjies verkoop word by die Suncoast Casino sentrum in Durban, met honderde kopers wat nie gehelp kon word nie. Hulle het ’n boodskap in die rye gekry dat die kaartjies toe almal uitverkoop was en dat die skares mense moet huis toe gaan.

’n Man met die naam van Brent by die sentrum, het gesê dat hulle net 5 mense op ’n slag kon help en dat die rekenaarsisteem te stadig was, ook dat mense lank neem om te besluit vir watter wedstryde hulle wil kaartjies koop. Adriana Ribinik, Fifa se koördineerder by die sentrum, het gesê hulle het nie so baie mense verwag nie. Die verkope by FNB takke was na bewering net so chaoties. Simphiwe Gumbi, wat na die Davenport tak van FNB gegaan het, was nommer 39, maar teen 3 uur die middag was hy nognie gehelp nie.

Alle finale en semi-finale wedstrydkaartjies is nou uitverkoop.