Subscribe by Email

Slange bedreig eiland se inheemse dierelewe

Uitheemse boas het op die eiland, Porto Rico, so goed geaard dat hulle nou ‘n bedreiging vir die eiland se inheemse dierelewe begin inhou, aldus ‘n nuwe verslag wat deur die Amerikaanse USGS vrygestel is.

Die indringerspesie is een van die bekendste boas, bekend as die Boa Constrictor, kan langer as drie meter word.

Onder die spesies wat nou bedreig word, is Porto Rico se eie inheemse boa (Epicrates inornatus). Die inheemse boa is slank, en word nie so lank soos die indringer nie. Dit was voor die jongste bedreiging reeds ‘n bedreigde spesie.

Die Boa Constrictor het reeds saam met twee luislangspesies Florida ingedring en suksesvol gevestig.

Die ekostelsels van eilande, waaronder Porto Rico, blyk egter baie kwesbaar vir indringeslange te wees omdat daar geen natuurlike vyande is nie.

Genetiese toetse op die indringerboa in Porto Rico dui daarop dat hulle waarskynlik almal van dieselfde broeipaar afstam wat vroeg in die 90gerjare in die weste van die eiland in die natuur beland het. Meer as 150 van die indringers is slegs vanjaar reeds op die eiland in die natuur aangetref.

Foto1 Boa Constrictor

Foto 2 Epicrates inornatus

Herman Toerien