Subscribe by Email

Skrywer word op ‘n Bolandse dorp vermoor

winnie1‘n Bekende skrywer, Winnie Rust, is gistermiddag in haar huis op Wellington in die Boland vermoor. Volgens berigte het die 77-jarige Rust se 87-jarige man, Manie, op haar liggaam afgekom toe hy van sy middagslapie wakker geword het. Haar hande en voete was vasgebind en sy het kopbeserings opgedoen. Rust was volgens Media24 nou betrokke by die geskiedenis van die dorp se verskillende gemeenskappe. Geen verdagtes is nog aangekeer nie.