Subscribe by Email

Skrap ras op vorms – UV-rektor

“Ek raai my kinders – skynbaar die UV-studente – aan om as hulle op ‘n vorm gevra word om hul ras aan te dui, die rasse dood te trek en daaroor te skryf: ‘mens’.”

So lees ‘n inskrywing op die UV-rektor, prof. Jonathan Jansen, se Facebookblad.

Jansen, wat die inskrywing in Engels gedoen het, maak dit ‘n geruime tyd reeds duidelik dat hy standaarde by sy universiteit wil lig.

Hy is verlede jaar, na hy die Reitz-4-kwessie begin aanspreek het, deur die Nederlandse koerant, Trouw, oud-pres. Nelson Mandela se opvolger as ikon vir versoening genoem.

Die Vryheidsfront Jeug het egter pas gekla dat, terwyl die rektor politiek op die kampus verbied het, Sasco openlik spog dat hulle reeds sekere studenteraadspotefueljes in die sakkie het. Afriforum-jeug het ook reeds aangedui die UV kan dalk voor die hof gedaag word indien dié organisasie nie as studente-organisasie op die kampus mag registreer nie.