Subscribe by Email

Skorsing verwelkom

3781800882Die Demokratiese Alliansie het die skorsing van die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Mmamonnye Ngobeni, verwelkom en gesê dit moes lankal gebeur het. Haar skorsing hou verband met haar bande met Thoshan Panday. Die sakeman en sy vennote het na bewering in 2010 byna 20-duisend Rand betaal vir haar man, Lucas, se verjaarsdagpartytjie. Panday was op daardie stadium ‘n verdagte in ‘n bedrogondersoek. Die DA sê Ngobeni se skorsing is ‘n prysenswaardige stap om haar verantwoordbaar te hou vir haar beweerde wangedrag en dit kan bydra om ‘n mate van integriteit in die polisiediens te herstel.