Subscribe by Email

Skoolkinders herstel na “afgryslike” busongeluk in Benoni

Foto: Eyewitness News

Beseerde skoolkinders herstel in die hospitaal nadat die bus waarin hulle vervoer was, Donderdag in Benoni omgeslaan het. Daar was altesaam 22 kinders op die bus toe dit omgeslaan het.

Elf kinders is beseer in die ongeluk, waarvan ses ernstig is.  Van die kinder is so jonk as ses jaar en daar word berig meeste van hulle is van die Benoni Christen Skool.

Paramedici wat gister op die toneel van die ongeluk was, het dit beskryf as “ ’n afgryslike toneel”  en vermoed dat die busbestuurder beheer oor die bus verloor het.

Die ongeluk word ondersoek om die oorsaak vas te stel.