Subscribe by Email

Skietaanvalle op passasiers van snelbusdiens

Drie busse van die Johannesburg se snelbusdiens was die naweek aangeval en nege passasiers is beseer met skietwonde.

Die eerste Rea Vaya bus was aangeval in Orlando-Wes toe daar op die bus geskiet is deur onbekende aanvallers en 4 passasiers is gewond, waarvan een kritiek is.

Die tweede aanval het gebeur in Moletsane en nog 4 passasiers, asook die busbestuurder is in hierdie skietvoorval gewond.

Die derde skietaanval op die busdiens se busse, het plaasgevind in Nancefield, waar daar gelukkig niemand beseer is nie.

Luitenant-kolonel Dlamini van die polisie sê hulle ondersoek die voorvalle en weet nie of dit verband hou met mekaar nie.

Die Rea Vaya snelbusdiens is ’n goedkoper opsie vir pendelaars wat nie met taxi’s wil ry nie.