Subscribe by Email

Skiet die boere!

Rassistiese uitbarstings deur Julius Malema, ANC Jeugleier op ‘n studente vergadering, gaan blykbaar deur die ANC “ondersoek” word.

Volgens die Sowetan het Malema onder meer gesê: “Skiet die boere, hulle is verkragters”. Malema het glo ook die Kaapse premier, Helen Zille, daarvan beskuldig dat sy ‘n satanis is en kerke in die Wes-Kaap afbreek. Oor Patricia de Lille sou hy glo onder meer gesê het dat geen normale man met haar sou trou nie. Malema het glo ook gesê dat daar van “Nicky Oppenheimer se familie se rykdom gevat moet word om aan die mense van Suid-Afrika te gee”.

In kommentaar hierop, kan koerant.com net wonder, indien hierdie bewerings korrek is, hoekom Malema nie formeel aangekla en verhoor word nie, aangesien sulke uitlatings haatspraak is.

Ons sal wag en kyk of, indien enigsins, die ANC iets omtrent Malema gaan doen.

2 Responses to Skiet die boere!

  1. Ropie

    Maart 10, 2010 at 6:21 pm

    En Malema is ‘n jeugLEIER??? Ek dink misleier, valse gids is ‘n beter definisie!

  2. Kuifie

    Maart 10, 2010 at 1:48 pm

    Ons sal lank moet wag en kyk. Die ANC sal omtrent Malema gewoon niks doen nie.
    Ek lees êrens die media moet geen notisie meer van hom neem nie. ‘n Besigheidsman sal sê jy gooi geen produk wat goed verkoop so maar weg nie. Media 24 sal Malema nooit negeer nie, hulle het hom gemaak wat hy vandag is, ‘n stuk vuilbek. As hy poep weet almal dit. Hy is ‘n skoolvoorbeeld hoe gebakke lug goed verkoop. Media 24 bepaal wat nuus is, hulle bepaal hoe ons beïnvloed word, en hulle bepaal die politieke rigting Suid Afrika sal loop….Die rigting lyk nie goed nie.