Subscribe by Email

Skerp uitgelaat oor Afrikaleiers

robertPresident Robert Mugabe het hom gister op die AU-beraad in Sandton skerp uitgelaat oor Afrikaleiers wat tot net twee ampstermyne beperk word.

Die Zimbabwiese leier, wat in sy sewende termyn is, het gesê dit is demokraties om voort te gaan indien die mense van ‘n land wil hê hul leier moet langer dien.

Mugabe het egter gemaan dat onstabiliteit nie veroorsaak moet word deur aan te dring om langer as twee termyne aan te bly nie.