Subscribe by Email

Skandalige nuwe laagtepunt

malusiDie Demokratiese Alliansie sê die Suid-Afrikaanse regering het tot ‘n skandalige nuwe laagtepunt gedaal deur toe te laat dat die president van Soedan, Omar al-Bashir, die land verlaat en in die proses ‘n hofbevel verontagsaam het.

DA-woordvoerder Stevens Mokgalapa sê die regering het aan die wêreld gewys dat hy nie glo in geregtigheid vir ernstige internasionale misdade nie.

Hy sê deur toe te laat dat al-Bashir die land verlaat, het die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, en die regering hulle skuldig gemaak aan minagting van die hof.