Subscribe by Email

Siriese magte sê hulle maak vordering in die stryd om Palmyra

palmyraSiriese staatstelevisie sê regeringsmagte het die stad Palmyra binnegegaan, wat van Mei verlede jaar af onder beheer was van die Islamitiese Staat-groep. The terreurgroep het talle oer-oue strukture vernietig en ‘n aantal onthoofdings in die ikoniese amfiteater uitgevoer. Die gevegte vind tans plaas naby die argeologiese perseel aan die suid-westelike buitewyke van die stad. Een Siriese amptenaar sê die magte is minder as ‘n kilometer van die middestad af.