Subscribe by Email

Shosoloza Meyl voorsien nie drinkwater aan reisigers nie

Meneer Jan Sheppard het aan Koerant geskryf rakende sy ondervinding in die versengende Kaapse hitte op die Shosoloza Meyl treindiens:

“Ek het gister in die Shosoloza Meyl gerys wat eers 20.00 in Kaapstad aangekom het in plaas van 13.30.
Op Beaufort-Wes kon hulle nie water kry nie. Die toilette kon nie eers spoel nie.
‘n Vrou het flou geword toe moes ons lank in daardie hitte vir ‘n ambulans wag.
Wat ek nie kan verstaan nie is waarom hulle nie by die eerste dorp ten minste drinkwater vir die passasiers kon kry nie.
Om my was klein kinders wat baie dors was en mens kon nie eers ‘n koeldrank die laaste twee ure koop nie.
Dit lyk nie of Shosoloza Meyl ‘n enkele ekstra tree vir hul passasiers wil gee nie.
Die oud skoolhoof wat 75 jaar oud is wat in my kompartement gereis het wat ‘n Amerikaanse burger is was baie ontevrede met die toestande op die trein. “

Twee toeriste wat langs my in wa 11d gery het wie se name ek nie het nie was vreeslik ontsteld.”

Kapenaars word gewaarsku om hulle vandeesweek gereed te maak vir ‘n hittegolf wat met ‘n stormsterk Suidooster gepaardgaan. Temperature van 34 grade word in plekke verwag. Rampbestuur sê toestande is gunstig vir wegholbrande en windskade. Alle nooddiens-reaksiespanne is op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas.

Die Dierebeskermingsvereniging in Kaapstad het ‘n beroep gedoen op diere-eienaars om te sorg dat hul diere koelte en genoeg water het. Die DBV sê mense moet in gedagte hou dat sinkplate so warm soos ‘n oond kan word en dat diere nie in sulke hokke aangehou moet word nie. ‘n DBV-inspekteur, Andries Venter, sê diere is baie meer vatbaar vir sonsteek as mense.

 

2 Responses to Shosoloza Meyl voorsien nie drinkwater aan reisigers nie

  1. Jan

    Januarie 6, 2011 at 7:35 pm

    Dit is baie veilig in die toeriste klas, die insident was eerder die uitsondering en ek voel net dat hulle meer moes doen vir die reisigers.

  2. Jan

    Januarie 5, 2011 at 10:52 am

    Is dit veilig om nog met ‘n trein af Kaap of Durban toe tereis? Ek wil graag dit doen maar vrees vir die veiligheid van my familie op die treine.